13 dae gelede
Altyd tyd vir vriendskap, foto’s
SMILE: Zozibini Tunzi is in Atlanta.  ~ Instagram

NOOIT te besig vir ’n foto en nuwe vriendskap nie.

Dís hoe Mej. Suid-Afrika se eerste week in Atlanta beskryf kan word.

Zozibini Tunzi (26) is in Amerika om aan die Mej. Heelal-kompetisie deel te neem.

Ten spyte van al die rehearsals en aanpas-sessies is daar tyd om vir pics te pose.

Zozi se pragtige fotosessies saam met aanhangers is op Mej. Heelal se Instagram-blad gedeel.

Met ’n ander foto-sessie het die skoonheidskoningin aanhangers op haar Instagram-blad gewys wat agter die skerms gebeur. Sy het die foto’s gedeel onder die opskrif “SOFT X STRONG X ME”.

Deelnemers van oor die wêreld heen het sowat ’n week gelede in Atlanta aangekom om eerskomende Sondag aan vanjaar se Mej. Heelal-kompetisie deel te neem.

Afshow

Hulle moes twee weke voor die tyd reeds daar wees om seker te maak hulle is voorbereid en gereed vir die Mej. Heelal-verhoog. Zozibini se kamermaat is Olutosin Itohan Araromi van Nigerië.

Die deelnemers maak nou gereed vir Vrydag se kostuumkompetisie.

Zozi sal die “golf van liefde”-kostuum afshow wat sy ’n paar dae voor haar vertrek vir Suid-Afrikaners gewys het.

Suid-Afrikaners kan Maandag 9 Desember om 02:00 op 1Magic (DStv-kanaal 103) inskakel om die kompetisie regstreeks te kyk. The Juice/Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters