6 dae gelede
Almal vriende
niks fout nie: Die rumours dat daar ’n split tussen die Royals is, is onwaar wanneer jy sien wat die prinse en hulle vrouens saamdoen. Hulle nuwe mental health campaign is genaamd “Shout”.Foto: tmz  ~ 

KYK, prins Harry en Meghan Markle is mos nou 24/7 in die nuus oor die uitpop van hulle kleine Archie, hulle eersteling.

Maar kom ons beweeg vir ’n rukkie ’n bietjie weg van die piepklein laitie.

Want ek lees op TMZ, van alle plekke, Harry en Meghan het nou forces gejoin met prins William en sy vrou, Kate Middleton.

En dis beslis belangrike nuus, want daar was mos nasty rumours wat rondgeloop het dat die boeties en (glo veral) hulle vrouens ’n moerse uitval­ gehad het.

En dat daar actually ’n moerse split in die royal family is.

Anyway, die lot het ’n mental health crisis hotline op die been gebring genaamd “Shout”.

Dis ’n gratis SMS-diens wat daarop fokus om 24/7 support te gee vir mense in die UK wat deur ’n rowwe tyd gaan.

Die diens word gedryf deur ’n span volunteers wat getrain is om ’n veilige virtual plek te skep vir mense wat struggle met mental health issues.

Die gesprekke met mense wat hulp soek, kan natuurlik elke keer heeltemal anders wees. Die volunteers moet dus sonder judgement luister. Sien, die talks kan gaan oor enige iets van selfmoordgedagtes, bullying, self-harm en abuse tot verhoudings en seksualiteit.

En dis juis daai laaste issue wat relevant is, want die Royals is nou nie eintlik bekend daaroor dat hulle oor daai topic praat nie.

“Shout” kom op die hakke van die Royals se commitment tot hulle veldtog “Heads­ Together”, wat fokus op gesprekke oor mental health.

Ja, ’n mens moenie altyd daai stront glo wat in party tabloids en in die social media ronddobber nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters