8 dae gelede
Akteur verloor kankerstryd
NA
Sibusiso Radebe  ~ Facebook

DIE akteur Sibusiso Radebe is Vrydag aan kanker dood.

Hy was 37.

Radebe het sy loopbaan as aanbieder van YoTv begin en het later in Backstage gespeel.

Hy het in Desember in ‘n hartroerende post op sosiale media vertel oor sy stryd teen kanker. Hy is in 2018 gediagnoseer.

“Die jaar 2019 was tot dusver die moeilikste jaar van my lewe. Ek is laat in 2018 met kanker gediagnoseer en het op 14 Januarie 2019 met chemoterapie begin. Ek kan nie voorspel wat dit behels nie. ‘n Blessing in disguise,” het Radebe geskryf.

Hy het vertel hoe hy moes toekyk hoe chemoterapie sy hare laat uitval en die vel aan sy voete laat afskilfer het, maar was steeds vasbeslote om die stryd teen kanker te wen.

“Ek het baie in my lewe bereik waarvoor ek dankbaar is. Ek is drie jaar weg van 40 af en ek wonder wat dit vir my inhou, want die lewe begin blykbaar eers dan en ek sien uit daarna,” het hy geskryf.

Claudia Kurhula, 'n vriendin van Radebe, het die nuus van sy dood op Facebook gebreek. - IOL

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters