15 dae gelede
Akademie uplift jeug deur musiek
Talentvol: Makena Sounds is die main act by die Music Academy for Rural Youth-bekendstelling. foto verskaf  ~ 

GRABOUW se jeug, is julle gereed vir ’n lekker groot opskop?

Op 22 Junie is dit die bekendstelling van die Music Academy for Rural Youth (Mary). Dit vind plaas in die Living Word-kerk in Grabouw.

Frank Julie, die stigter van die akademie, en sy span brand om die jong mense van die landelike gebiede in die Overberg- en Boland-streek te bemagtig.

Die talentvolle ouens van die band Makena Sounds is die main act en gaan die jong mense ’n bietjie touwys maak.

Die vyf lede van dié Afro house-groep gaan ook ’n draai op die verhoog maak.

Passievol

Die akademie is passievol oor werkskepping vir die jeug en bemagtig jong mense in die kunste.

Vir meer inligting oor die akademie en die bekendstelling, kontak Earl Cornelius by 073 789 1725.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters