12 dae gelede
AKA praat oor sy Bonang-pyn
Min gespin: Bonang het glo net aangegaan met haar lewe ná haar break-up met AKA. foto’s verskaf  ~ 

JY GAAN baie lank wag voordat AKA uitlap oor hoekom hy en Bonang Matheba uitmekaar is.

Ek sien op Channel24 die rapper het gesê sy break-up met die media darling het hom sy nuutgevonde geluk besorg.

Die derra van DJ Zinhle se dogtertjie, Kairo, pak uit: “Ek verstaan mense is nuuskierig, maar ek gaan nie vir mense sê hoekom ons uitmekaar is nie. Ek dink dit moet tussen ons twee bly.

“Ek dink nie dis reg dat ’n mens oor álles praat nie.”

Hy het gesê dit het baie seergemaak, maar dit het hom ook gehelp om homself lief te hê en die opregte mense in sy lewe te waardeer.

“Ek was nog nooit gelukkiger as nou nie en van die geluk is te danke aan die break-up.

“Ek is nou kalmer. Ek ken my karakter. Ek weet wie ek is en ek weet waarvoor ek tyd en geduld het.”

Hy sê sy healing het gekom nadat hy gesien het hoe hêppie Bonang is ná hulle break-up.

“Ek het haar definitief gemis. Ek het dit gemis om saam met haar te wees en saam met haar te lag, maar toe ek besef sy mis my nie, moes ek laat gaan.

“Sy het gemaak dat ek haar nie meer mis nie.”

Die “Caiphus”-rapper vertel hy het hard gepaartie om van Queen B te vergeet.

“Ek moes pyn ervaar en die seer oorkom. Ek was by die gym en ek het baie vis en duur kosse geëet.

“Ek het baie alkohol gedink en gepaartie om die seer te oorkom, maar ek is nou oukei.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters