3 dae gelede
AKA like Queen B dalk nou
VOL ENERGIE: Bonang Matheba dans op haar eks se song.  ~ Getty Images

SELF-ISOLASIE laat ’n mens snaakse dinge doen, hoor.

As jy jou weer kom kry, dans jy op jou ekse se songs.

Vra maar net vir Bonang Matheba.

Dit lyk asof Queen B geen bad feelings teenoor haar eks AKA het nie.

Die ster wat gewoonlik baie besig is om die hele wêreld vol te toer, is tans in afsondering.

Bonang het sommer in haar lounge gedans in ’n live video wat sy op Instagram geplaas het.

Gerap

Een van die songs waarop sy gedans het, is haar rapper-eks se hit “How You Like Me Now”.

Nie net het die moghel op die song gedans nie, sy het ook elke liewe woord saam gerap.

AKA het ook die naweek in ’n twiet genoem dat Queen B ’n godin is.

Ek’s seker as Bonang nóú haar vingers klap, sal AKA nie twee keer dink om haar terug te vat nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters