12 dae gelede
AKA kry ’n warning
GROOT BEK: AKA is uitgenooi vir ’n geveg nadat hy met Sizwe Dhlomo gespot het.  ~ Gallo Images

JULLE, hoor wat ek julle nou sê – AKA se groot mond gaan nog veroorsaak dat hy pap geslaan word.

Supa Mega soek moeilikheid met almal en dié keer het hy die Suid-Afrikaanse televisiepersoonlikheid Sizwe Dhlomo se gat gekrap.

Mense op Twitter het gesê dat AKA ’n swak sakeman is en Sizwe het die rapper probeer defend.

AKA meen seker hy makeer nie hulp nie en het ’n dwarsklap op Twitter na Sizwe gemik.

“Om trekkers te ry en mense ‘injas’ te noem terwyl jy bootleg jeans dra! Ek is dood!”

Dit het twieps nie lank gevat om uit te vind dat dié twiet van Supa Mega op Sizwe gemik is nie.

En die TV-ou is nie een wat op sy mond geval is nie.

Hy het dit duidelik gemaak dat hy AKA pap sal slaan en het ’n twiet aan AKA uitgestuur.

Voorskiet

“Ek sal baie direk wees met jou, laitie. Ek sal jou opf*k! Verniet.

“Ons hoef nie eens kontrakte te teken nie. Dan sal ek nog vir jou geld voorskiet vir regskostes.”

Sizwe het natuurlik verwys na die keer toe AKA by ’n vorige geleentheid sy aartsvyand, die rapper Cassper Nyovest, uitgenooi het vir ’n amptelike fight waar die wenner met ’n fortuin uit die kryt stap.

AKA het op Twitter geskel dat Cassper nie die kontrak wil teken nie.

Dit lyk nie asof Sizwe­ lus het vir speel nie. Die man is reg vir vuiste swaai en dit sonder al die red tape!

AKA, my ma het my altyd gewaarsku: ’n Toe bek, is ’n heel bek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters