2 maande gelede
AKA en Youngsta doenig in studio
Mzansi se bestes: AKA en YoungstaCPT maak ’n song saam. Foto verskaf  ~ 

TWEE van Mzansi se beste rappers is saam in die ateljee.

AKA is so besig om ’n nuwe song saam met die mees invloedryke rapper in Kaapstad, YoungstaCPT, te maak dat hy nie eens Maandagaand sy eie roast op die kassie kon kyk nie.

Kyk, dié twee is albei uitmuntende rappers in eie reg met verskeie hits wat die hele Mzansi laat regop sit. Saam kan die twee chloras mos fire wees!

Die “Fela in Versace”- rapper het Maandag dié wonderlike nuus op Twitter aangekondig.

Dit lui: “Ek kon nie vanaand­ die roast kyk nie, want ek is in die studio besig om ’n song saam met @YoungstaCPT te maak. Uiteindelik!”

YoungstaCPT het die twiet geretweet – met ’n byskrif­ wat net hy sal waag!

Ek kan dit nie hier noem nie – dis mos ’n gesinskoerant – so, julle moet maar self gaan kyk.

Ek weet nie hoe dié twee se verskillende rap styles gel nie, maar wat ek wel weet, is dat dié song van Supa Mega en onse Young van Riebeeck ’n blerrie hit gaan wees.

Hoekom het julle so lank gevat om te collab, hè?!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters