4 dae gelede
AKA en DJ Zinhle glo geskiedenis
DJ Zinhle is min gespin van die stories en hou vakansie in Mauritius saam met haar bestie, Pearl Thusi.  ~ Instagram

DJ Zinhle (36) is min gespin daar in Mauritius terwyl die harte van haar fans hier in Mzansi bloei oor haar berk en baby daddy AKA (31) haar weer gelos het.

Ek sien op TshisaLIVE dat die tweetjies mekaar op Instagram unfollow het.

Die publikasie berig ook dat die local rapper die “Umlilo” hitmaker die aand voor haar verjaardag, wat op 30 Desember was, afgesê het.

Baie meen nou dis waarom die “Versace”-rapper sy baby momma net ’n koue “happy birthday”-boodskap op sy Instagram gelos het. Die onpersoonlike verjaardagwens is nou van sy feed verwyder.

Volgens City Press het AKA nie meer lus gehad vir die verhouding nie omdat daar te veel mense ingemeng het.

Stories

AKA lewe tans sy beste lewe in Suid-Korea en TshisaLIVE het sy bestuurder gekontak vir kommentaar.

Maar die bestuurder wou nie ’n woord rep oor die break-up-gerugte nie.

“Ek lewer nie kommentaar op sy (AKA) persoon­like lewe nie. Vra my oor sy professionele lewe en dan sal ek daarop iets sê.”

En wat sê Kairo se mammie van al die dinge?

DJ Zinhle het ’n twiet van die plaaslike TV-persoonlikheid Ayanda Thabathe ge-share oor hoe ’n mens nie jou ore moet uitleen vir stories nie.

Sy is min gespin oor haar fans wat ontsteld is oor AKA haar na bewering afgesê het en het eerder foto’s van haar nuwe look gepost waar sy en haar bestie, Pearl Thusi, te lekker vakansie hou in Mauritius.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters