Verlede jaar
Agt finaliste, een titel op Artscape se planke
Poets: Zikhna Ma­dlalisa en Sibusiso Carister gaan wys wat in hulle steek.FOTO VERSKAF  ~ 

URSLAM Factor is daarop ingestel om Suid-Afrika se grootste talentkompetisie te wees wat daarop gemik is om deur middel van die uitvoerende kunste verandering in die lewe van oortreders te bring.

Oor die 1 200 oortreders van die Pollsmoor-gevangenis het in Februarie vir die kompetisie oudisies afgelê.

Nou is daar agt finaliste wat ’n kans het om met die titel UrSlam Factor Pollsmoor 2017 weg te loop.

Ná maande se opleiding en mentorskap gaan die agt finaliste môreaand in die Artscape hul talente ten toon stel.

Die gehoor kan ’n aand van topklas-optredes verwag – van klassieke musiek tot pop en hip-hop, en van dans tot poetry is op die planke.

Die baritons George Stevens en die Sama-benoemde Byron Clarke sal gas­verskynings maak.

Die show begin 18:00. Kaartjies kos R150 en is by Computicket of enige Shoprite Checkers-winkel beskikbaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters