9 dae gelede
Afrika in New York
onse Queen: Zozibini Tunzi laat die koppe draai in ’n MaXhosa deur Laduma outfit.Foto’s:Gregoire Avenel  ~ 

MZANSI se mooiste girl het die koppe laat draai by die New York-modeweek.

Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, was grasieus op die loopplank.

Zozi het ontwerpe van die befaamde local modehuis MaXhosa deur Laduma gedra. Haar signature was haar natuurlike haarstyl.

Die gehoor kon nie genoeg kry van onse queen op die Made in Africa show nie.

Ontvangs

Benewens die skitterende ontwerpe van die Suid-Afrikaner Laduma Ngxokolo het sy ook dié van die Mosambieker Eliana Murargy gemodel.

Die CEO van die Mej. SA-kompetisie, Stephanie Weil, sê in ’n verklaring die ontvangs van onse queen was uitsonderlik.

Stephanie sê: “Dit was ’n trotse oomblik vir Zozi, vir die Mej. SA-kompetisie en vir alle Suid-Afrikaners om haar op die loopplank by die New York-modeweek te sien.

“Vir haar was dit ’n droom wat waar geword het en om die beste van Suidelike Afrika te showcase, en die modewêreld te wys dat hy note van ons moet vat op die internasionale verhoog.”

Zozi sê dit was vir haar ’n eer om in haar homeboy Laduma se klere te pronk.

Ons voormalige Mej. SA en Mej. Heelal Demi-Leigh Nel-Peters het ook MaXhosa outfits gemodel.

Zozi het ook saam met onse goue seun, Trevor Noah, in die Daily Show uitgehang.

Sy sê: “Trevor is sjarmant. Ek en hy het so lekker in Xhosa gepraat.”

Die wêreld is jou stage­, Zozi!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters