14 dae gelede
Adele skud 30 kg af en lyk great
MAERDER: Kina Rusin (regs) het ’n foto van haar en Adele op Instagram gepost.  ~ PageSix.com

HELLO! Adele het sowat 30 kg verloor en lyk heeltemal anders.

Ons het die Britse sangeres nogal lank laas gesien.

Sy het Sondagaand gesig gewys by ’n Oscar after-party het glo asemrowend gelyk.

Sy was genooi na ’n sterbelaaide paartie wat deur The Carters – Beyoncé en Jay-Z – gehou is.

Onherkenbaar

Ander sterre soos die verloofde paar Jennifer Lopez en Alex Rodriguez, Charlize Theron en van die Kardashians was by dié eksklusiewe paartie.

Die 31-jarige sangeres het volgens gerugte amper onherkenbaar gelyk nadat sy so baie gewig verloor het.

Ek lees op Page Six sy volg nou ’n strenger dieet en hou by haar fitness regime.

Die “Hello”-sangeres het ’n bodycon leopard-print-rok gedra. ’n Ingeligte verklap: “Sy het soos haarself gelyk, maar ook so anders.”

Kina Rusin, ’n joernalis, het ’n foto van haar en Adele op Instagram ge-post – en die mense het mal gegaan!

Hulle kon nie glo hoe slank die ster nou lyk nie.

Die journo skryf in ’n caption saam met die foto dat Adele byna 30 kg ligter is.

“Om eerlik te wees, ek het haar nie herken nie. Ons het gepraat en gelag totdat sy haar naam gesê het.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters