2 maande gelede
Adam en Behati kry nuwe tuiste
eienaars: Adam Levine en Behati Prinsloo het Ben Affleck en Jennifer Garner se plek vir ’n moerse bedrag gekoop.Foto: jusatjared.com  ~ 

DIE lead singer van Maroon 5, Adam Levine, moet stinkryk wees.

Hy het Ben Affleck en Jennifer Garner se massiewe mansion oorgeneem vir $32 miljoen (sowat R452 miljoen).

Ingeligtes in die real estate business het aan TMZ gesê Adam en sy vrou, Behati Prinsloo, het die deal vir die compound van drie geboue in Pacific Palisades einde 2018 afgehandel.

Dié monster is byna 1 500 m² groot met ’n swembad, basketball court, gym, screening room en ’n kunsateljee.

Die plek was nooit amptelik op die mark nie. Die sale was privaat, met Kurt Rappaport wat Adam verteenwoordig het en David Offer aan Ben se kant.

Verligting

Toe Ben en Jen in 2015 die eerste keer gesplit het, het hy in ’n gastehuis op die property gebly.

Die sale moet volgens TMZ ’n moerse verligting vir Ben en Jen wees, want nadat hulle in November geskei is, was die verkoop van die huis steeds vir hulle ’n las.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters