8 dae gelede
Act so eg, dis actual
goeie act – wag ... ’n “Angsaanval” het toe ’n angsaanval vir Penelope Cruz in haar nuwe movie geword.Foto: getty images  ~ 

DIE een oomblik maak sy asof sy ’n angsaanval kry en die volgende oomblik kry sy toe regtig een.

Ek lees op The Juice dís wat die pragtige Penelope Cruz aan The Wrap in ’n onderhoud vertel het.

Die angsaanval op die stel van haar nuwe movie Everybody Knows was so erg dat Penelope mediese behandeling daarvoor moes kry.

Dit was nadat die angsaanval wat sy ge-act het, lelik skeefgeloop het.

Die fliek gaan oor ’n vrou se dogter wat ontvoer word op ’n family trip van Argentinië na Spanje.

Penelope vertel: “In een van die scenes kry my karakter ’n angsaanval in die kar en dan beland sy later in ’n ambulans­.

“Ek het toe begin hyperventilate en my bloedsuikervlakke was baie hoog van die stres oor daai scene.

“Ek kan onthou toe ek uit daardie ambulans klim, het die director seker gemaak ek is oukei­.”

Penelope moes net daarna nóg ’n take van die scene doen.

de eens vir ’n ster nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters