3 dae gelede
Academy gee J.Lo ’n koue skouer
Beroof? Mense is kwaad oor Jennifer Lopez nie benoem is vir ’n Oscar nie.Foto’s:gettyimages  ~ 

J.LO is beroof – beroof van ’n Oscar!

Fans van Jennifer Lopez en selfs bekendes is moerig oor die academy haar nie benoem het vir ’n Oscar as beste ondersteunende aktrise vir haar aandeel in die stripper movie Hustlers nie.

Nie net het die 50-jarige ster ’n dinamiese rol in die fliek gespeel nie, sy is ook een van die vervaardigers.

Wendy Williams het op haar show gesê J.Lo is beroof van ’n Oscar-benoeming oor mense nydig is.

Wendy het gesê: “Kom ek vertel jou iets, Jen: Hulle het jou doelbewus beroof oor hulle jaloers is op jou.”

Die talk show host het ook gesê Jennifer moet so petty wees en nie eens uitstiek by die Super Bowl nie, waar sy die gewilde half time show saam met Shakira moet doen.

In haar “Hot Topics”-segment sê Wendy: “As ek jy was, Jen, het ek nie die Super Bowl gedoen nie. Ek sou nie eens uit my huis kom nie.

“Julle wil hê ek moet twerk by die Super Bowl, maar ek kry nie eens ’n Oscar-benoeming nie oor dié bougie bitches dink hulle is beter as ek?

“Ek is mooier as julle. Ek het al my kinders en ek hou dit reg en tight, en julle is jaloers op my? Julle móét wees.”

Sy het verder geskel oor Be­yoncé ook nie vir ’n Oscar benoem is nie. Dít nadat haar song “Spirit” uit die fliek The Lion King reeds ’n Grammy gewen het.

Wendy het gemoan: “Sy is ook nie benoem nie. Sy en Jay-Z dink seker by hulleself: ‘Hoe durf die mense?’

“Beyoncé, hulle is jaloers op jou ook.”

Ontsteld

Mense in die sosiale media meen die Oscars vat anderskleurige akteurs in die gesig, want ook Lupita Nyong’o is misgekyk vir ’n benoeming.

Ek sien op CBSnews.com die akteur, regisseur, vervaardiger en entrepreneur Tyler Perry sê: “Ek is ontsteld, man. J.Lo is nie benoem nie. Maak julle ’n grap?”

Arianna Davis, regisseur van O: The Oprah Magazine se website, sê: “Ek weet nie hoekom ek so hoopvol is vir die Oscar-benoemings nie.

“Daar is geen liefde vir Jennifer Lopez, Queen of Slim nie. Óf enige vroulike regisseur nie.

“Die enigste swart akteur wat benoem is, is vir ’n fliek oor slawerny.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters