6 dae gelede
Aand van sang en lag lê voor
Stiek yt: Loukmaan Adams gaan die stage vat in Bringing Sexy Back.Foto:jonathan lestrade  ~ 

DIE produksie Bringing Sexy Back kom Ravensmead toe en julle kan julle maar klaarmaak vir ’n aand van lag en sang.

Die bekende komediant Ashley Pienaar bied dit aan. Hy word ondersteun deur die bekende Loukmaan Adams, Suid-Afrika se eie Josh Groban, Wilco van Wyk, Ajay “Wonderboy” Pienaar en Charne “Superstar” Pienaar.

Ashley wil graag on­bekende talent die geleentheid bied om saam met bekendes in entertainment op te tree.

Leerders

Ashley vertel Bringing Sexy Back sal die gehoor terugvoer op ’n nostalgiese trip na die dae toe Space Odyssey, die klub in Woodstock, nog bestaan het.

So, benewens die humor sal daar hits wees van die 1980’s.

Ashley sê talentvolle leerders van die Laerskool Webnerstraat in die Mead, Rainbow Child Educare-gr. R’tjies en van Vrolike Vinkies in Kuils­rivier sal ook optree.

Bringing Sexy Back word op 15 Desember in die saal van die Hoërskool Ravens­mead aangebied. Dit begin 19:00 en toegang is R100.

Bel Elouise by 081 771 8609 of 071 956 1825 vir tikkets.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters