13 dae gelede
AA het Brad uit donker Pitt gered
nugter: Brad Pitt het AA meetings geloop. Foto: splashnews  ~ 

BRAD Pitt het ook al by die AA aangesluit.

Ons praat nie nou van die AA wat met karre werk nie, maar die een waar jy te veel suip – Alkoholiste Anoniem.

People berig dat hy dít gedoen het toe hy en Angelina Jolie in 2016 uitmekaar is.

Hy het vir ’n jaar en ’n half AA meetings bygewoon.

“Ek het dinge so ver gevoer as wat ek kon, so toe vat ek my drankvoorregte weg,” bieg die 55-jarige akteur. Hy sê die AA is ’n veilige plek.

“Jy het al hierdie mans wat openlik sit en praat op ’n manier wat ek nog nooit gehoor het nie.”

Volgens PageSix wou die pa van ses AA meetings toe gaan om sy alkoholisme te klop. Dis een van die redes vir sy en Angie se egskeiding.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters