5 dae gelede
Nuweling eintlik ou kalant
Dirk Stoltz as DeWet Basson in '7de Laan.'
Dirk Stoltz as De Wet Basson in '7de Laan.'  ~ 7de Laan

DIE akteur Dirk Stoltz, wat jare gelede Sandra Stutterheim se handlanger in 7de Laan gespeel het, is terug in dié sepie.

Die keer is Stoltz se De Wet Basson nie meer die handlanger wat hy tussen 1999 en 2003 in Hillside was nie, maar 'n baas.

7de Laan beskryf Basson as 'n selfversekerde sakeman wat eienaarskap neem van die Welman-huis.

"Almal wonder oor sy volgende move.

"Ons moedig 7de Laan-kykers aan om styf aan hul remotes vas te klou want die rit met De Wet Basson gaan verseker vol onverwagte wendings wees en gaan hulle op die punt van hul stoele hou," lui die verklaring.

Stoltz (50) was nog tot onlangs in die kykNET-sepie Binnelanders te sien. Hy het ook al verskynings in Isidingo, Generations en Erfsondes gemaak.

Hy het ook al op filmstelle skouers geskuur met die Hollywood-sterre, Hilary Swank en Denzel Washington.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters