6 dae gelede
‘7de Laan’ immuun teen die lockdown
STAAN SAAM: Julle sal nog elke aand vir Quinne Brown (as Connie in 7de Laan) sien tydens die lockdown.  ~ Foto Verskaf

AS JY ’n groot fan van die sepie 7de Laan is, hoef jy nie te worry nie. Die sepie gaan tydens die lockdown-periode op die kassie wees.

Gelukkig het Danie Odendaal Productions (DOP) laat weet dat hulle al twee maande vooruit geskiet het.

Opgehou

DOP skryf in ’n verklaring daar is genoeg episodes tot 25 Mei.

Hulle het egter gister opgehou werk en gaan gehoor gee aan president Cyril Ramaphosa se instruksies.

DOP sê in ’n verklaring: “Terwyl ’n onsekere toekoms voorlê, kan ons net hoop ons gesamentlike pogings sal tot die verwagte uitslag lei teen die corona-virus-pandemie as almal hulle deel doen.”

  • 7de Laan is elke Maandag tot Vrydag 18:00 op SABC2.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters