3 maande gelede
5 locals skitter
Vannie Kaap: Tasché Burger is in die top-ag. Foto: m-net.dstv.com  ~ 

KAAPSTAD kan trots wees!

Dit is wat Riky Rick, een van die coaches, Sondagaand gesê het toe Anslin Gysman van Philippi sy uitmuntende weergawe van Beyoncé se “Halo” op The Voice SA gelewer het.

En hoe trots is ons nie om vyf super-talentvolle Kapenaars in die gewilde sangkompetisie van M-Net te hê nie.

Met twee deelnemers in die kompetisie is die Baai ook nie ver agter nie.

Ons gunsteling-sangduo van die Bontas, The PJ Twins, het dié week weer beïndruk met die klassieke lied “Vincero Perdero”. In die laaste paar weke het Peter en John Talmarkes gewys hulle is versatile genoeg vir perfekte upbeat songs én klassieke opera-songs.

Die Baaise gospelsanger Eon le Roux het Sondag ook weer gewys hy het sy mojo terug.

Stemme

Hy het ’n standing ovation gekry toe hy die song “When a Man Loves a Woman” van Percy Sledge gesing het.

Hy het sy vocal muscles geflex en gewys waarom hy een van die gunstelinge is om die kompetisie te wen.

Die kykers moet ook nou besef hoe belangrik húlle stemme is.

Die coaches, Lira, Riky Rick, Riana Nel en Francois van Coke se hande is nou afgekap en dis die kykers wat sê wie gly en wie bly.

Die deelnemers perform ook nie meer in spanne nie. Dit beteken die deelnemers wat die minste votes gekry het, sal die kompetisie volgende week moet verlaat.

Dié week moes ons koebaai sê aan Ross Charles, Lelo Ramasimong, Chezelle Shahadat en Sbu Dludlu.

Die laaste ag is: Tasché Burger (18) van Brackenfell, Anslin Gysman (23), Yahto Kraft (18) van Alberton­, Soné Joubert­ (27) van Gordonsbaai, Eon Claude­ le Roux (27) van Port Elizabeth­, The PJ Twins (26), Siki Jo-An Qwazi­ (25) van Port Elizabeth en Amy Tjasink (26) van Kaapstad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters