Verlede maand
Whatsapp sluk my girl in
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek bly met my girlfriend van vyf jaar, maar sy het ’n liefde ontwikkel vir WhatsApp.

Yor, Antie, vandat ek soggens die huis verlaat, tot slapenstyd.

Ek het met haar daaroor gepraat, maar sy sê ek is sommer laf.

Sy WhatsApp tot in die oggendure en praat help nie.

Gee raad, asseblief. – via SMS-lyn

Nou met wie chat sy dan so totdat die hoenders kekkel?

Vriende?

Só baie het mens mos nie vir vriende te sê nie – veral nie diegene wat ’n mens elke dag of gereeld sien nie.

Of bestaan daar dalk die moontlikheid dat sy die sogenaamde wonderlike wêreld van virtual ­flirting ontdek het?

En dat sy kuber-cheat op jou?

Kyk, ’n mens is veronderstel om vertroue in mekaar in ’n verhouding te hê.

Maar wat is jy veronderstel om te dink as sy heeldag en nag op haar foon lê?

Vra haar sommer om in jou teenwoordigheid haar selfoon te sien. As daar niks is om weg te steek nie, sal sy mos die boodskappe vir jou wys.

As sy stram trek en eers iewers heen wil gaan, is daar die possibility dat sy eers sekere boodskappe wil delete.

Ongelukkig verstaan jou meisie nie dat ’n mens nie binne ’n selfoon kan lewe nie.

Dis soos ’n siekte in vandag se tye die way hoe mense se selfone basies as hul derde long operate.

Mens sien dit in die treine, in die taxi’s, in die malls waar ander mense byna uit die pad geloop word soos wat diegene wat op hul selfone is, nie opkyk nie en ja, selfs in kerke.

Watter aandag gee jou meisie aan jou as sy al haar energie aan haar selfoon wy?

Kry jy darem ’n top-up?

Is daar darem signal en airtime vir jou?

Of word jy ge-treat soos ’n ou baksteen Nokia van ouds vir wie sy nie meer kans sien nie?

Hoe dit ook al sy, jy kan nie net in haar lewe wees as sy free minutes het nie. As praat nie help nie, wat bly oor in jul verhouding?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters