8 dae gelede
Vriendin raak skelm weg met eks
 ~ 

Liewe Antie Mona

My vriendin is 16 en ek is 19 jaar oud. Ons kom al ’n ver pad saam.

Maar elke keer wanneer sy saam met haar eks skelm wegraak, moet ek die blaam daarvoor vat. Ek soek raad, asseblief. – via WhatsApp

Jy sê nie juis hoe jy dan die blaam moet dra nie?

Beteken dit dat mense dan vermoed dat jý die een is wat met hierdie eks verdwyn het?

Hierdie kan nie vriendskap wees as jy niks anders as die convenient scapegoat vir ander se dade is nie.

Hierdie meisie is nog bitter jonk. Kan jy imagine wat sal gebeur as sy tydens een van hierdie steel-naweke swanger raak? Haar familie gaan jou blameer en sê dat jy haar in haar kwaad gesterk het.

Dit sal beter wees as jy jou uit die prentjie vat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters