11 maande gelede
Sy soek wraak ná man met stiefdogter slaap
 ~ 

Liewe Antie Mona
Ek is 17 jaar met L getroud en ons bly in V.
Vir Kersfees het hy my en die kleintjies Kaap toe gevat.
Ons het na my oorlede ouers se huis gegaan, maar in ’n hotel geslaap.
Ons is Tweede Nuwejaar terug huis toe.
’n Dag later vind ek uit my man en my voorkind (21) het seks gehad in dieselfde hotel waar ons tuis was.
Ons is getroud binne gemeenskap van goedere.
Hy het einde November klaargemaak by sy werk en gee my niks van sy geld nie.
Antie, hy gee ook nie ’n sent onderhoud vir ons kinders nie. 
Ek dien die Here.
Dink hy en my voorkind dat daar niks is wat ek kan doen nie? 
Hulle moet die gevolge van egbreuk voel, veral my man, wat ’n gesiene man in ons dorp is.
Ek wil skei en als kry wat my en my kinders toekom. – via SMS-lyn 
Sjoe, wat ’n way om jou jaar te begin!
Hulle albei het mos ’n junk gedagte om dit aan jou en die kids te doen.
Antie weet jy is diep seergemaak en elke vesel in jou liggaam skree om wraak.
Maar wraak is nie die antwoord nie. Omdat julle binne gemeenskap van goedere getroud is, is jy anyway geregtig op die helfte van alles wat julle oor die jare opgebou het. Dit sluit sy pensioen in.
Jy sal net gou moet speel, voordat jou man en jou dogter hierdie geld deur hul naat trek.
Stel vir jou ’n goeie prokureur aan en maak aanspraak op dit wat wettig jou en die kinders toekom.
Sterkte!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters