2 maande gelede
Sy is verlief op onnie
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek is verlief op my Engels-onderwyser en wil dit graag vir hom sê, maar ek weet nie hoe nie.

Hy is getroud en ek is nou 15 jaar oud.

Kan Antie my dalk help? Hy lê by my aan en dit maak my knieë nog lammer. via Whats­App

Antie wou eers sê ons almal het in een of ander stadium van veral ons hoërskoolloopbaan ’n crush op ’n onnie gehad, maar toe ek lees hy lê aan by jou...

Daar is niks oukei daaromtrent nie. Hy is ’n groot, uitgegroeide én getroude man.

Jy is maar net 15 en jou hele lewe lê nog voor jou.

As hy hom weer durf lastig hou, dan sê jy aan hom jy gaan jou ouers én die skoolhoof sê.

’n Skool is ’n plek van onderrig, nie ’n plek waar grootmense kinders uitbuit nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters