2 maande gelede
Suinige ou kry tot sy brekfis in die kooi
 ~ 


Liewe Antie Mona

Ek het ná 20 jaar ’n ou skoolvriend weer ’n kans gegee.

Hy kom uit die Kaap, maar ek moet petrolgeld, kos, seks en alles gee.

Maar hy gee my niks nie, nie eens ’n 50c-tjoklit nie.

Hy kla net hoe swaar hy kry, maar hy werk en kom eers in die oggendure hier by my aan.

Hy beledig my in messages en ek is nou gatvol van hom.

Hy lieg oor sy geldsake, maar ek bedien hom in die bed met breakfast.

Dan lieg hy nog hy raak op ’n natuurlike wyse styf, maar ek het sekspille in sy sak gekry.

Hy sê hy is lief vir my, maar sit nie eens my pic op sy phone nie. Sy dogter weet nie eens van ons nie.

Moet ek hom maar vergeet en eerder fokus op my kind wat hierdie jaar in matriek is?

Sy hou anyway nie van hom nie. via WhatsApp

Nee, vrou, as ek jy is, vergeet ek maar van hierdie Kaapse man.

Soos wat dit vir Antie klink, kom visit hy jou maar net om op die hande gedra te word.

Jy gaan uit jou pad om hom te bederf, terwyl niks van sy kant af gedoen word om te bewys hoe spesiaal jy in sy lewe is nie.

Hy buit jou goedheid en liefde vir hom uit.

Dis natuurlik wat jou dogter al lankal agtergekom het en dis hoekom sy nie van hom hou nie.

Dis tyd dat jy hierdie man deur jou dogter se oë sien, en besef dat hierdie verhouding in ’n eenrigtingstraat is waar jy niks anders as hierdie man se Holiday Inn is nie.

Laat hom maar sien of hy hier in die Kaap iemand sal kry wat so laf sal wees om hom soos watse royalty op die hande te dra.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters