5 dae gelede
Ou se rondry oor wat meisie gedoen het
 ~ 

Liewe Antie Mona

Toe ek nie ’n kar gehad het nie, was my verhouding top.

Maar toe begin my meisie met ’n outjie chat en dan delete sy al die boodskappe.

Toe koop ek vir ons ’n kar, maar sy wil nêrens saam met my ry nie.

Ons het twee pragtige dogters, maar nou ry ek elke naweek rond en drink my dronk en neuk net op.

Nou bedink sy my dat ek rond hoer, maar hoekom ek so is, is omdat ek aanhou dink aan wat sy gedoen het.

Ons seks baie min. Wat moet ek doen, Antie?

Ek wil haar nie los nie, ek is net kwaad vir haar. via WhatsApp

Om te ry, of om nie te ry nie... is dít die vraag wat soveel probleme in jul verhouding veroorsaak?

Het jou meisie dalk weens jou rondryery afgeskeep gevoel en die aandag van ’n ander outjie begin entertain?

Julle is die ouers van twee kinders.

Dit is tyd dat julle albei ophou die kinders in die verhaal wees en saamwerk vir wat die beste vir jul kinders is.

Praat met jou meisie. Praat dinge uit.

Kwaad bly gaan nie een van julle iets in die sak bring nie.

Het jy die kar in die eerste plek aangeskaf vir die gerief van jou gesin, of as ’n paartiemobiel?

Iewers sal jy ’n punt in jou lewe moet bereik waar jy besef dat die hordes vriende wat jy nou ewe skielik het, net is oor jy dom genoeg is om hulle rond te karwei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters