14 dae gelede
Meisie (18) het ‘nice’ seks met ouer skelmpie
 ~ 
Liewe Antie Mona

Ek is 18 jaar oud en in graad 11. Ek is verlief op ’n 26-jarige ou wat my baie lekker laat voel. Hy het ’n meisie wat ’n kind het.

Ons het al geseks en dit was heerlik. Maar dan is daar ook iemand anders wat my ouderdom is en in matriek is.

Ek hoef glad nie sleg te voel nie, want hy het nie ’n meisie nie en is mal oor my.

Ons het ook al ’n paar keer seks gehad en dit was baie nice.

My ma hou van hom, maar haat die 26-jarige.

Wat moet ek doen? Ek is lost, want ek is lief vir albei. via Whats­App

Jy moet ophou so baie “nice” seks hê, dít is wat jy moet doen.

Die 26-jarige hang net rond totdat hy uitgekuier is. En na alle waarskynlikheid ook die een wat min of meer jou ouderdom is.

Weet jy hoekom hang hulle so by jou uit? Want jy blyk vir hulle elkeen seks op ’n aparte skinkbord te gee.

Dink aan die liederlike reputasie wat jy hier aan die opbou is.

Eendag gaan jy jou werklike trouman ontmoet. En hoeveel juice gaan dan nog in die tenk oor wees?


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters