2 maande gelede
Man hoer ‘lekker’ agter vrou se rug
 ~ 

Liewe Antie Mona

My man en ek is 24 jaar getroud. Ek is 50 en my man is 53 jaar oud.

Ek het uitgevind my man jol met ’n vrou wat baie sleg is.

Toe ek hom vra, ontken hy dit en sê hulle is net vriende.

Ek vang hulle toe, maar hy stry nog altyd.

Ek kry eendag toe haar nommer op sy foon en bel haar. Sy sê toe hulle was die middag bymekaar en ek kan hulle niks maak nie – hulle is lief vir mekaar.

Hy stry en sê hy het laat gewerk, maar hy kom dronk by die huis.

Ek bel sy werk en die eienaar sê dis nie waar nie, hy lieg.

Ek vra hom hoekom hy vir my lieg, toe sê hy ek beteken niks vir hom nie, hy is lief vir sy hoer.

Hy wil my nie los dat ek by ons oudste dogter gaan bly nie, want ek voel uitgesluit in ons huwelik.

Ek soek raad, asseblief. –via WhatsApp

Dalk is die grootste rede hoekom hy jou nie wil los nie oor hy dan die helfte van sy pensioen aan jou sal moet afstaan.

Nou jol hy maar dat dit klap en hoop dat jy in die mean time sandkombers toe sal verkas.

Antie kry net die gevoel dat dié sy plan is.

Jy weet en hy weet dat hy niks meer met jou te doen wil hê nie.

So, hoekom aanbly? Omdat hy jou nie wil laat gaan nie?

Dis jammer dat hy jou en jul vows so vir ’n one gevat het, maar jy is nie die verkeerde een in die verhaal nie.

As jy wil skei, het jy elke reg om dit te doen.

As dít jou voorneme is, stel Antie voor dat jy vir jou ’n goeie lawyer aanstel en die skei-wiele aan die rol kry.

Kom ons kyk of hy nog lus is om aan die Hoer van die Jaar-kompetisie deel te neem as hy besef hy gaan een van die dae met veel minder geld sit.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters