6 dae gelede
Haar man is nou op 61 ’n wafferse seks-freak
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek het nooit gedink ek sou aan u skryf nie, maar ek weet nie wat om te doen nie.

Ek is 49 en my man is 61.

Hy het vroeër in die jaar afgetree en ek werk nog.

Ek het altyd vir my man gesê hy moet ’n stokperdjie kry om hom mee besig te hou. Maar nou lyk dit asof hy seks sy stokperdjie maak. Elke liewe dag!

Wanneer ek uit die werk kom, is hy lus. Wanneer ek kos maak, is hy lus. Saans wanneer ek dink ek kan slaap, want ek is moeg, is hy lus. Ek kan nie my gat draai nie, dan is hy lus.

Ons het geen kinders saam nie, maar hy het kinders uit ’n vorige huwelik. Die kinders is groot en woon op hul eie.

Dit is dus net ons twee in die huis.

Hy loop die hele dag kaal rond, soos iemand wat nie klere het nie.

Wat maak ’n mens met so ’n jagse man? Ek is nie lui vir seks nie en gee nie om om af te gee nie. Maar genade, ’n mens kan mos nie so met seks behep wees nie.

Hy het nou ’n nuwe gier om porn te kyk.

Wanneer ek smiddae by die voordeur inkom, is dit ’n onaardige gehyg en vreemde geluide van die porn.

Hy begin nou al praat van dinge soos blow jobs, anal en three­somes. Ek weier beslis! Ek is nie sy seksslaaf nie.

Dit voel vir my of hy terug werk toe kan gaan. Toe hy gewerk het, was hy heeltyd met sy werk gemoeid en hy was ’n rustige man.

Nou is hy ’n seks-freak wat selfs wanneer hy dink ek slaap met homself lê en speel.

Gee raad, asseblief. Ek dink al om van hierdie jagse man te skei.via Whats­App

Sjoe, dit klink of die man op heat is!

Kyk, daar is seker baie mans van sy ouderdom wat sy stamina sal bewonder.

Baie mans wens hulle kan op daardie ouderdom nog ’n stal­lion in die bed wees.

Maar hierdie hoë seksdrang en porn-neigings sit ’n strain op jul huwelik.

Jy’s reg om te sê hy moet iets anders kry om hom besig te hou. Spulsgeid is nie die antwoord nie.

Antie stel voor dat jy dink aan maniere om meer uit die huis te kom – nie net vir hom nie, maar vir julle as ’n egpaar. Doen dinge saam.

Ek weet die lewe is duur en als is deesdae ’n betaal­storie, maar deur net tuis te bly, laat dit die giere in hom prut.

Dalk sal iets soos hiking en lang wandelings langs die see net genoeg wees om ’n bietjie van sy stamina te tap.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters