2 maande gelede
Haar jakob wil nie meer regop
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek en my man is twee jaar getroud en het ’n ouderdomsverskil van 15 jaar.

Ek is nog baie aktief in die bed, maar hy nie en dit begin probleme veroorsaak.

Waar kan hy gaan vir hulp of wat kan ons doen om ’n ereksie by hom te kry?

As hy wel een kry, is dit net vir ’n paar minute en dan is alles oor.

Ek het al alles probeer, tot rooi wortel en opkikkers, maar dit help net ’n bietjie, dan is dit weer terug na die normale probleem. via WhatsApp

Vrou, jy sê nie presies hoe oud jou man is nie, maar ons weet mos dat alle mans ’n ouderdom in hul lewe bereik waar jakob eenvoudig net nie meer kan regop nie.

Die beste raad wat Antie jou kan gee, is om jou man by jul GP te kry. Dalk is daar (behalwe ouderdom) ’n onderliggende mediese probleem waaraan aandag gegee behoort te word.

En as julle weet wat skort, kan die GP julle dan van raad of medisyne voorsien wat dalk weer die woema terug in jul ghoema sal sit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters