2 maande gelede
Eks nog lief vir haar
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek is F van M en is agt jaar in ’n verhouding met my kêrel.

Ons het ’n pragtige agtjarige dogter saam.

Ek is baie lief vir hom, maar daar is ’n eks van nege jaar gelede met wie ek byna elke dag nog oor die foon gesels.

Ek het nog baie sterk gevoelens vir hom.

Hy het ook ’n sesjarige dogter en wil my terughê.

Hy sê ons was jonk en het albei foute gemaak, maar hy het nooit ophou lief wees vir my nie.

Ek weet nie wat om te doen nie, Antie. via WhatsApp

Antie maan mense altyd om te waak daarteen om liries te raak oor vergeelde gisters.

Ja, julle kon destyds jonk gewees het, maar daar is ’n rede hoekom hy jou eks is.

En nege jaar later is dit maklik om te vergeet presies wat verkeerd in jul verhouding geloop het.

Daar is meer op die spel as net jou romantisering van die verlede.

Is hierdie gevoelens en telefoongesprekke fair teenoor jou kêrel en jul kind?

Waak daarteen om nie eendag in jou hande te huil omdat jy laf genoeg was om te val vir iemand wat dalk net agter een ding aan is nie ...

Ons almal het die reg om geluk in die lewe te vind.

Maar wanneer ons die dag ma’s en pa’s raak, verander die game en ons prioriteite.

Hierdie is ’n storie wat liederlik kan uitdraai en waar jy jou vingers kan verbrand.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters