4 maande gelede
Eks maak kind by haar dogter én ’n vriendin
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek en my eks was agt jaar saam, maar ons het so twee maande gelede opgebreek.

Dit was omdat hy op my ge-cheat het. Hy het ’n kind gemaak by my dogter wat saam met my woon.

Dan het hy ook ’n kind by my vriendin gemaak.

Ek het hom elke keer vergewe, want ek is lief vir hom.

Hy het nou weer ’n kind gemaak by ’n 17-jarige meisie en toe los ek hom, want dit was alles te veel vir my. Hy is amper 60 en ek is 50 jaar oud.

Wat moet ek maak?

Ek kan nie eet of slaap nie, want ek is baie lief vir hom.

Gee raad, asseblief, want ek het al gedink aan selfmoord. via WhatsApp

Vrou, stop maar daai gedagtes om jou eie lewe te neem oor ’n ou jong wat nie wil ophou sleg wees nie.

Hy staan al graf se kant toe, maar sleg wil hy wees.

Jy is lief vir hom, maar hy dink niks van jou nie.

Hy weet hoe jy oor hom voel en buit dit tot sy hoer-voordeel uit.

Hy maak ’n kind by jou eie dogter. Jy vergewe hom.

Hy maak jou vriendin swanger, jy vergewe hom.

Hy vat dit nog ’n ent verder en gaan maak ’n meisie swanger wat sy kleinkind kon gewees het.

Nou, wanneer wil jy hom dan ophou vergewe?

Wil jy dan eers wag tot hy Moeder Aarde met die lyf maak voordat jou oë oopgaan?

Ja, jy kan nie help dat jy lief vir hierdie sleg ding is nie, maar my genade, vrou, hierdie man se enigste mission in die lewe is om sleg te wees.

Hy is net eenvoudig daarop uit om almal na aan jou uit jou lewe te spyker.

Antie kry die idee as daar ’n koffietafel of ’n ding is waarvoor jy baie lief is, sal hy dít ook opklim.

Jy is dan nou klaar al ouma van jou eks se kind by jou dogter!

Nee wat, hou op stres oor hierdie hoerkoning.

Julle is maar nou twee maande uit mekaar en dit gaan tyd vat om oor hom te kom. Maar oor hom kom, sál jy.

Relax, sien tyd as ’n luxury en besef dat jou lewe op die lange duur baie beter daaraan toe gaan wees. Sterkte!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters