2 maande gelede
Ek weet nie hoe om te vra of hulle beskerming gebruik het nie
 ~ 

Liewe Antie Mona

My naam is R en ek is van V. Ek is homoseksueel.
Ek was onlangs in ’n verhouding met O.

Ons het saam geslaap en ons verhouding was privaat.

Op ’n tyd het ons nie ge-worry oor mekaar nie. In daai stadium het hy saam met ’n ander gay ou geslaap.

Ek was toe kwaad vir hom en ons het nie met mekaar gepraat nie.

Hy het later verskoning gevra en gesê hy was getik en dat hy desperaat was, want die ander ou het hom geld aangebied.

Ek het hom vergewe en weer saam met hom geslaap.

Maar nou weet ek nie of hy beskerming gebruik het toe hy met die ou geslaap het nie, want ons gebruik nie beskerming nie.

Ek weet egter nie hoe om vir hom te vra nie. – via Whats­App

Jy sal jou mond moet oopmaak en vra.

Hoe anders gaan jy weet of hulle wel seks met beskerming gehad het?

Antie kan jou nou al sê hy gaan hoog en laag sweer dat hulle wel veilige seks gehad het.

As ek jy was, sou ek nie net sy woord daarvoor vat nie. Die beste wat jy kan doen, is om jou te laat toets vir MIV/vigs.

Só sal jy peace of mind kry oor jou status. Jy beter ook maar in die vervolg versigtiger wees.

Hoeveel keer gaan hierdie druggie desperaat wees en saam met ander mense slaap vir geld?

Tik en ander drugs laat mense mos die “wonderlikste” goed aanvang. Maar wat nie wonderlik is nie, is dat hy deur sy desperaatheid vir geld (na alle waarskynlikheid om nóg drugs te koop) jou met een of ander seksueel oordraag­bare siekte kan besmet.

En jy sal sekerlik nie die res van jou lewe met die swaard van ant’ Aida oor jou kop wil leef weens die desperate hoergees van ander nie. Dis tyd dat jy versigtigheid aan die dag lê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters