2 maande gelede
Berk se niggie druk my vas as ek visit
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek’s 19 jaar oud en was ’n lesbian. My eks-meisie is 20 jaar oud.

Ons was so drie jaar gelede ’n paar maande lank ’n couple. Ek en haar neef is nou verlief op mekaar.

Hulle woon saam. Elke dag as ek na hom toe gaan, wil sy my soen en vasdruk as hy nie in die huis is nie.

Ek het al baie met haar daaroor gepraat, maar sy wil nie luister nie.

Dit voel of ek my verhouding met hom gaan verloor. –via Whats­App

Is jou huidige outjie bewus daarvan dat jy eens op ’n tyd ’n ding aangehad het met sy niggie?

Antie vra, want as jy nog nie eerlik met hom hieroor gepraat het nie, gaan dié niggie dit tot haar voordeel gebruik en jou afpers om haar way met jou te kry.

En dít, liefie, gaan jou verhouding met jou outjie vertroebel.

Dis tyd vir eerlik wees sodat jou ou­tjie bewus kan wees van wat aangaan.

Dit sal dalk ook beter wees as jy maar nie gaan kuier as hy nie by die huis is nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters