2 maande gelede
Olimpiese atleet in trane na hy silwer wen
Wayde van Niekerk  ~ Gallo Images

Wayde van Niekerk het in trane uitgebars na hy silwer in die mans 200m gewen het.

Die Olimpiese-kampioen sê hy kry nie die respek wat hy verdien nie.

In ‘n regstreekse onderhoud met die BBC het hy gesê: “ek voel ek het hard gewerk en my alles gegee. Ek dink ek het oor en oor bewys, ek verdien wat ek bereik het”.

Toe hy gevra is oor sy emosies, het Van Niekerk reageer: “ek het net so hard soos enige ander deelnemer gewerk. Ek respekteer almal en dink ek het nie die respek gekry wat ek verdien het, na die 400 meter nie”.

Intussen berig SuperSport dat Van Niekerk sê hy bou sy eie beeld en handelsmerk en wil nie gesien word as die opvolgers van legends soos Usain Bolt en Michael Johnson.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters