7 dae gelede
Kings ís baai se helde
tops: Lionel Cronjé is een van die beste Superrugby-spelers.Foto: Theo Jeptha  ~ 
dankie: Die Kings-spelers groet Vrydagaand in die Nelson Mandelabaai-stadion die toeskouers vir oulaas.Foto: gallo images
helde: Die Kings maak vir oulaas ’n kringetjie ná hul laaste Superrugby-wedstryd Vrydagaand.Foto: gallo images
tops: Lionel Cronjé is een van die beste Superrugby-spelers.Foto: Theo Jeptha

DIE Southern Kings het nou wel hul Superrugby-veldtog met ’n nederlaag teen die Cheetahs afgesluit, maar ­Deon Davids (afrigter) en OP Rugby kan baie trots wees op dié span.

Die Kings is verlede week die slegte nuus meegedeel dat hulle uit die Superrugby-reeks geskop sal word, maar dit het nie die spelers se moed gebreek nie.

Die span van die Baai sal nou aan die Pro 14-reeks in Europa deelneem.

En as gebou kan word op hul vertonings van die afgelope Superrugby-seisoen, sal die Kings beslis ’n span wees wat voortaan dopgehou moet word.

Die spelers kan met die kop omhoog rondstap ná dié span se beste seisoen tot nog toe in dié strawwe kompetisie.

Die Oos-Kaapse span het algeheel 11de op die puntelys geëindig.

Hy het ses oorwinnings behaal en meer gevierde Suid-Afrikaanse spanne soos die Cheetahs en Bulls in sy skadu gelaat.

Die Kings het ook beter gevaar as ál die Australiese spanne behalwe die Brumbies.

Selfs die Sunwolves, wat volgende seisoen steeds aan die kompe­tisie sal deelneem, het swakker as die Kings gevaar.

En wanneer ’n mens dié seisoen se statistieke in ag neem, is daar Kings-spelers wat maar breëbors mag rondloop.

Die Kings het 50 drieë in dié kompetisie gedruk; dis die 9de beste van ál 18 spanne.

En een van die redes hoekom die Kings so baie drieë aangeteken het, was natuurlik die spel van die ster-vleuel, Makazole Mapimpi.

Dit was sy eerste Superrugby-seisoen en hy het 11 drieë gedruk.

Dit is die tweede meeste in die kompe­tisie en is twee meer as Courtnal Skosan (Lions) en Cheslin Kolbe (Stormers).

Die 136 punte wat die Kings se los­skakel en kaptein, Lionel Cronjé, aangeteken het, is die derde meeste.

Die veelsydige losvoorspeler (flank/agtsteman) Andisa Ntsila het die tweede meeste duikslae uitgevoer: 153.

Daarbenewens het die Kings ook bygedra tot vier SA A-spelers: Cronjé, Ntsila, Chris Cloete en Mapimpi.

Dié span het die Baai beslis trots gemaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters