2 maande gelede
Húlle ’n moet
makazole MAPIMPIFoto’s: Gallo Images  ~ 
Kwagga SMITH
WarriCk Gelant
Lukhanyo AM
makazole MAPIMPIFoto’s: Gallo Images

DIE Springbok-groep kan aansienlik vir die jaareindtoer van Europa versterk word.

Suid-Afrika het in sy laaste toets teen Nieu-Seeland met ’n verbeterde vertoning in hul nederlaag van 24-25 teen Nieu-Seeland vorendag gekom.

Die realiteit is dat die span se vertoning nog nie goed genoeg was om die All Blacks te klop nie.

Die Bokke kom in ’n maand se tyd, op 11 Oktober, teen Ierland te staan in die Aviva-stadion in Dublin.

Daarna kruis hulle swaarde met Frankryk in die Stade de France in Parys voordat hulle Italië aandurf.

Die laaste toets, teen die Wallis in die Principality-stadion, word as ’n nie-amptelike toets beskou.

Die toetse op die jaareindtoer en veral die toets teen Wallis is ’n gulde geleentheid vir Allister Coetzee, die Springbok-breier, om nuwe kombinasies op die proef te stel.

Die Bokke se middelveld en buiteagterspelers is nie spelers met X-faktor nie.

Jan Serfontein en Jesse Kriel het gewys dat hulle nie as ’n kombinasie genoeg geleenthede vir hul agterste driehoek kan skep nie.

’n Kombinasie van Rohan Janse van Rensburg en Lukhanyo Am het die nodige skietgoed om baie kreatiewer in die middelveld wees te wees.

Andries Coetzee is ook nie die langtermynoplossing in die laaste vesting nie.

Warrick Gelant is nie net goed onder die hoë bal nie, maar hy is ’n opwindende aanvallende speler wat beslis ’n kans op heelagter verdien.

En dan is daar die charismatiese drieëvraat Makazole Mapimpi. Hy bied baie meer as ’n speler soos die brose Courtnall Skosan.

Kwagga Smith is nie net ’n bobaas-baljagter nie, maar is boonop ’n ongelooflike spelbreker met die spoed van ’n vleuel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters