6 maande gelede
Goue geleentheid vir KeYona spansoektog

Suid-Afrika se sokker afrigterswaargewigte Owen da Gama, Mike Mangena, Shakes Mashaba en Khabo Zondo soek steeds om die beste sokkertalent in die land te identifiseer, ontwikkel en te bied.

Met slegs 'n paar dae oor is Nedbank KeYona-deelnemersgemotiveerd om die KeYona-keurders te impress en die land se volgende sokkerster te word.

Die eerste fase van die kompetisie was op 27 April met sowat 500 deelnemers. Sowat 400 deelnemers het op Saterdag 29 April hul geluk probeer en met die laaste van die drie uitspeelrondtes op 1 Mei was daar 477 deelnemers.

Intussen word die eerste fase ook uitgerek, om nog hoopvolles kans te gee, en sal môre by die King Zwelithini-stadion in KwaZulu-Natal en 10 Junie by die Rand-stadion in Gauteng gespeel word.

Die talent wat tydens die eerste fase van die kompetisie gekies gaan word, sal deurgaan na ‘n streng keuringskriteria by die volgende fase van die kompetisie, wat 'n boot camp is. Die finale 18 sal dan gekies word in die PSL spanne, na hulle by die KeYona Challenge teen die 2017 Nedbankbeker wenners gespeel het.

Ke Yona spansoektog Challenge teen Supersport United in September 2016
Van links is Ke Yona keurders Mike Mangena, Khabo Zondo, Owen Da Gama, Shakes Mashaba en tegniese assistent Monde Hlatswayo.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters