7 maande gelede
Niks in Afrika kan ’n Jimny stuit
kanniedood: Taryn en Shane Quinell gaan ’n groot deel van Afrika agt maande lank plat ry. Ek worry nie soveel oor hul Suzuki Jimny nie – dié is onbreekbaar – ek worry meer oor hulle.Foto: albert bakkes  ~ 

DÊMMIT! Ek wens dit was ek . . .

Vat een Suzuki Jimny – een van my gunsteling-karre, ­period, voeg by die kontinent Afrika, en voila! Een moerse avontuur.

En dís wat die couple Taryn en Shane Quinell nou doen met hul Jimny genaamd “Badger”, wat ’n 2011-model is.

As Team Tane het hulle hier weggespring om deur tien Afrika-lande te toer en vyf van die kontinent se hoogste berge te klim.

In 2014 het hulle hoeka tot by die Kenia-gebergte gereis en dit toe geklim om geld in te samel vir die liefdadigheidsorganisasie Gold.

En nou sal Badger hulle agt maande op die langpad ronddra op die Suzuki Africa Sky High-toer.

Parkeer

Team Tane sal deur Mzansi, Botswana, Zambië Tanzanië, Rwanda, Oeganda, Kenia, Malawi, Angola en Namibië toer.

En hulle sal daai klein tawwe bliksempie parkeer aan die voet van die volgende berge om hulle te klim: Kiliman­djaro in Tanzanië (5 895m); die Kenia-gebergte (5 198m) en drie pieke van die Rwenzori-bergreeks op die grens tussen Oeganda en die Demokratiese Republiek van die Kongo, Stanley (5 109m), Speke (4 890m) en Baker (4 844m).

Die couple gaan foto’s neem en deurlopende kommentaar lewer oor wat hulle waarneem en ervaar van Afrika.

Ek hét dit al gesê, en sal dit weer sê: Daai klein bliksem bereik plekke wat die eienaars van ander, baie groter en duurder 4x4’s nie eens moet oorweeg nie.

So, ek weet die Jimny gaan geen probleme gee nie; ek worry eerder oor die couple.

Ek stel voor hulle klim die berge sommer met die Jimny.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters