4 maande gelede
Die toekoms is om die draai
Planne: Mercedes Trucks wys die toekoms van motors. Jy gaan eendag “printed” karre ry. Foto: trucks-mercedes-benz.com  ~ 

KYK mooi na die foto. Lyk na niks, en jy kan omtrent nie uitmaak wat dit is nie.

Maar dis die future van motoring.

Ek is jammer dit klink asof ek net Mercedes-Benz praat, maar toe beland die ding van Mercedes Trucks in my inbox.

En dis belangrik, want daai mense het die eerste spare part wat van metaal gemaak is, “ge-print”.

Yep, jy het reg gelees. 3D printing is na die next level gevat.

Dis ’n termostaat-cover vir sy trokke en Unimog-modelle. En Merc sê daai cover het ál sy streng quality-toetse geslaag.

Dié stap maak Merc Trucks nou die leier in die 3D printing van metaal-parte. Dis sekerlik nie die maklikste ding om mee te werk nie. En Merc belowe hy gaan die gebruik van 3D printing net uitbrei.

Stres

Hy sê die printing van plastiek-parte is al ’n realiteit as ’n addisionele production method, veral vir kleiner hoeveelhede.

Maar terug by metaal: Volgens Merc produseer daai 3D printing-masjien parte wat baie hoë temperature en stres kan hanteer.

Dit is ook cost-effec­tive, want nou hoef hulle nie addisionele koste aan te gaan om special tools te vervaardig of te koop, of moerse navorsing te doen nie. Die tech is reeds daar.

Vir eers praat Merc van parte of dele van die transmission of chassis.

Maar ek voorspel jy gaan eendag ’n motor ry wat in sy geheel gaan bestaan uit printed parte wat aanmekaar gesit is.

En later ’n kar wat in sy geheel 3D printed is. I’m calling it. Watch this space.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters