4 maande gelede
Unieke madeira-koek
 ~ 

DIÉ koek is ’n gewone madeirakoek, maar met ’n klapper-meringue-bolaag. Njam!

Bestanddele:

  • 125 g botter of margarien
  • 100 mF strooisuiker
  • 3 ekstragroot eiergele
  • 5 mF (1 t.) vanieljegeursel
  • 250 mF (1 k) koekmeelblom
  • 10 mF (2 t.) bakpoeier
  • 1 mF (knippie) sout
  • 100 mF melk

Bolaag

  • 3 ekstragroot eierwitte
  • 100 mF strooisuiker
  • 250 mF (1 k) droë klapper

Metode:

1. Verroom die botter en suiker saam. Voeg die eiergele een op ’n slag by en klits goed ná elke byvoeging tot lig en romerig. Voeg die geursel by.

2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg om die beurt met melk by die bottermengsel.

3. Skep in ’n gesmeerde 22.5 cm-broodpan en maak gelyk.

4. Bolaag: Klits die eierwitte tot styf. Voeg die suiker by en klits goed. Voeg die klapper by, meng deur en skep bo-op die koekmengsel.

5. Bak vir omtrent 15 minute in ’n voorverhitte oond teen 180 ºC. Verlaag die temperatuur tot 160 ºC en bak verder vir omtrent 40 minutes. Laat vir omtrent 10 minute in die pan afkoel. Keer dan uit op ’n afkoelrak met klapperlaag aan bokant om verder koud te word.

Variasie:

Voeg suurlemoenskil en -geursel by die madeirakoek, gekapte kersies of selfs speserye met fyngekapte neute of dadels. Dit gee beslis die gevoel van ’n ligter koek, miskien omdat dit nie versier word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters