Verlede maand
Smoorsnoek en kool met 'n mossel-en-gemmer sous
 ~ 

Bestanddele:

Smoorsnoek:

  • 15 ml olie
  • 1 klein ui, gekap
  • 2 heel kruienaeltjies
  • 1 wonderpeperkorrel
  • 1 lourierblaar
  • 1 ml growwe swartpeper
  • 1 aartappel, in kleinblokkies gesny
  • 100 g gerookte vis, vel verwyder en gevlok
  • 10 ml gekapte vars pietersielie
  • 1 brandrissie, fyngekap (opsioneel)

Kool:

  • 30 ml kookolie
  • 1/4 kool, gesnipper
  • 5 ml komynsaadjies

Mossel-en-gemmer-sous:

  • 20 g botter
  • 1 klein ui, gekap
  • 1 selderystokkie, gekap
  • 250 ml visaftreksel
  • 1 tiemietakkie
  • 15 ml gerasperde vars gemmer
  • 250 ml visaftreksel
  • 1 tiemietakkie
  • 15 ml gerasperde vars gemmer
  • 250 ml room (wat met die helfte ingedamp is)
  • 200 g halfskulp-mossels
  • gekapte tamatie vir garnering
  • gekapte sprietuie vir garnering
  • gekapte vars koljanderblare (dhania) vir garnering

Metode:

1. Smoorsnoek: Verhit die olie in 'n kastrol en soteer die ui, kruienaeltjies, wonderpeper, lourierblaar en peper. Voeg die aartappels by en braai liggies tot sag, maar onthou om 'n bietjie water by te voeg indien nodig. Voeg die vis, pietersielie en brandrissie by. Maak deurwarm, roer een keer en hou eenkant.

2. Kool: Verhit die olie in 'n groot pan tot baie warm. Voeg die komynsaadjies by en rooster tot bruin. Voeg die kool by en roerbraai tot verlep en heldergroen. Roer die kool deur die vismengsel.

3. Sous: Verhit die botter in 'n kastrol en soteer die ui en seldery liggies tot sag. Voeg die visaftreksel, tiemie en gemmer by en verhit tot kookpunt. Voeg die room en mossels by en maak deurwarm.

4. Samestelling: Skep van die vis en kool in 'n klein vormpie en keer in 'n sopbak uit. Giet 'n bietjie van die sous rondom die vis en kool. Garneer met die tamatie, sprietuie en vars koljanderblare.

*Resep uit: Cass Abrahams - 'n Lewe met kos; soos vertel aan Marike Bekker deur LAPA UITGEWERS.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters