8 maande gelede
Smaaklike sult
 ~ 

"Gelukkig kon ek baie by Jowa se ouma leer wat saam met ons in die huis gebly het. Jowa het baie gelag vir al my flops, maar ek het hom gelukkig nooit vergiftig nie."

Bestanddele:

  • 500 ml water
  • 60 ml asyn
  • 1 beespootjie, skoongemaak
  • 1,5 kg beesskenkel
  • 15 ml koljandersaadjies
  • 4 heel kruienaeltjies
  • 12 wonderpeperkorrels
  • 12 heel peperkorrels
  • 2 middelslag-uie, geskil en gekap
  • 15 ml sout
  • 3 ml witpeper
  • 1 lourierblaar
  • 10 ml kerrie
  • 45 ml wit asyn
  • 10 ml suiker

Metode:

1. Meng die water en asyn en week die beespootjie vir 1 uur.

2. Bedek die pootjie en skenkel met skoon water en prut tot sag en die vleis van die bene afval. Verwyder al die vel en bene, sny die vleis in kleiner stukkies en plaas terug in 'n skoon kastrol. Bind die koljandersaadjies, naeltjies, wonderpeper en peperkorrels in 'n skoon stukkie kaasdoek toe. Voeg die speserysakkie, uie, sout, peper en lourierblaar by en kook onbedek tot afgekook en verdik. Verwyder die speserysakkie en lourierblaar en skep die vet af. Meng die kerrie, asyn en suiker en giet oor die sult. Kook vir 4 minute en skep die sult in 'n vorm ('n broodpannetjie kan ook gebruik word). Laat die sult vir 6-8 uur in die yskas rus sodat dit kan stol. Verwyder die sult uit die vorm en sit saam met slaai en koue vleis voor.

*Resep uit: Cass Abrahams - 'n Lewe met kos; soos vertel aan Marike Bekker deur LAPA UITGEWERS.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters