17 dae gelede
Sardyn-viskoekies
 ~ 

"Die konsep van die 'Suid-Afrikaanse Moslem' het vir ewig verander met die moord in 1996 op Rashied Staggie, 'n dwelmhandelaar wat in die openbaar vermoor en verbrand is deur Pagad (People against Gangsterism and Drugs).

Dit was moeilik om die skurke van die goeie ouens te onderskei."

Bestanddele:

  • 1 x 400 g-blikkie sardyne in tamatiesous of sardyne in pekelwater
  • 1 klein ui, gerasper
  • 5 ml fyngekapte knoffel
  • 15 ml suurlemoen-en-kruie-speserye
  • 3 ml droë tiemie
  • 2 snye brood, korsies afgesny en brood gekrummel
  • 2 eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • meel om oor viskoekies te strooi
  • olie om vlak te braai

Metode:

1. Dreineer die blikkie sardyne en druk met 'n vurk fyn. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die meel, by en meng goed. Vorm viskoekies met die vismengsel en stuif die meel oor. Laat die viskoekies vir 15 minute in die yskas rus om vorm te behou. Verhit die olie in 'n pan en braai die viskoekies vir 3 minute aan elke kant. Dreineer op kombuispapier en sit saam met tamatiesmoor of suurlemoenwiggies voor.

*Resep uit: Cass Abrahams - 'n Lewe met kos; soos vertel aan Marike Bekker deur LAPA UITGEWERS.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters