5 maande gelede
Sarah Martin se vrugtekoek
 ~ 

"Sarah is my seun se skoonma en 'n goeie vriendin van my."

Bestanddele:

  • 150 g goeie kwaliteit vrugtemengsel
  • 500 ml water
  • 500 ml suiker
  • 250 g margarien
  • 125 ml olie
  • 10 ml koeksoda
  • 180 ml gekapte neute
  • 100 g heel rooi geglaseerde kersies, stroop afgespoel
  • 100 g heel groen geglaseerde kersies, stroop afgespoel
  • 4 x 250 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 5-7 ml fyn gemmer
  • 5-7 ml fyn kaneel
  • 4 eiers, geklits tot skuimerig
  • 125 ml appelsap

Metode:

1. Plaas die vrugtemengsel, water, suiker, margarien en olie in 'n kastrol en verhit tot kookpunt. Verminder die hitte en prut liggies vir 30 minute. Verwyder van die hitte en laat afkoel.

2. Voorverhit die oond tot 180 oC en berei 2 x 23 cm ronde losboomkoekpanne deur dit met bakpapier uit te voer en dan met margarien te smeer.

3. Meng die koeksoda, gekapte neute en kersies deur die vrugtemengsel sodra dit afgekoel het.

4. Sif die meel, bakpoeier, sout, gemmer en kaneel saam. Voeg die meelmengsel by die vrugtemengsel en roer deur. Voeg die geklitste eiers by en meng deur. Giet die beslag in die koekpanne en bak vir 25 minute. Verlaag die oondtemperatuur na 150 oC en bak vir 'n verdere 60 minute.

5. Verwyder uit die oond, steek 'n paar gaatjies in die koek met 'n sosatiestokkie en sprinkel die appelsap oor.

*Resep uit: Cass Abrahams - 'n Lewe met kos; soos vertel aan Marike Bekker deur LAPA UITGEWERS.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters