2 maande gelede
Mariam baderoon se bollas
 ~ 

"In haar wonderlike boek Regarding Muslims skryf Gabeba Baderoon dat Suid-Afrikaanse Moslems tradisioneel uitgebeeld is as geheimsinnige, eksotiese, vredeliewende mense wat gereeld op godsdienstige pelgrimstogte gaan.

Die Moslem-kultuur is gesien as ryk aan 'n erfenis van mooi vroue, uitbundige feeste en wonderlike, unieke tradisionele kosse."

Bestanddele:

  • 4 x 250 ml bruismeel
  • 180 ml suiker
  • 2 eiers
  • 180 kookolie
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 5 ml fyn kardemom
  • 500 ml karringmelk of natuurlike jogurt
  • genoeg olie vir diepbraai
  • mengsel van kaneel en strooisuiker

Metode:

1. Meng die meel, suiker en fyn kardemom saam. Klits die eiers, olie en vanieljegeursel saam. Voeg die karringmelk of jogurt by die eiermengsel en roer deur.

2. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en klits dit deeglik om seker te maak dat daar geen klonte is nie. Laat die beslag vir ten minste 1 uur rus.

3. Verhit die olie tot ongeveer 180 oC - as die olie te warm is, sal die buitekant van die bollas brand terwyl die binnekant nog rou is. Pas die hitte aan sodat die olie so naby as moontlik aan 180 oC kan verhit.

4. Drup dessertlepels vol van die beslag in die warm olie en braai tot die bollas goudbruin is. Verwyder uit die olie en dreineer die oortollige olie op handdoekpapier.

*Resep uit: Cass Abrahams - 'n Lewe met kos; soos vertel aan Marike Bekker deur LAPA UITGEWERS.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters