7 maande gelede
Lippe-lek-lekker lamsbrijani
 ~ 

Bestanddele:

  • 4 x 250 ml basmatirys
  • 2 kardemompeule
  • sout na smaak
  • 125 ml bruin lensies
  • 45 ml kookolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 4 aartappels, geskil en gehalveer
  • 750 g lamsvleisporsies
  • 'n ruim knypie saffraan (in 250 ml kookwater geweek)
  • 125 g botter

Marinade:

  • 500 ml ongegeurde jogurt
  • 1 x 410 g-blikkie geskilde heel tamaties
  • 2 kassiastokkies
  • 4 wonderpeperkorrels
  • 6 heel kruienaeltjies
  • 15 ml fyn komyn
  • 10 ml fyn koljander
  • 5 ml borrie
  • 5 ml fyngerasperde vars gemmer
  • 10 ml fyngedrukte vars knoffel
  • 30 ml masala
  • sout en peper na smaak

Metode:

1. Meng die rys, kassia, kardemom en sout in genoeg water om die rys te bedek en kook dit tot gaar. Dreineer die gaar rys en hou eenkant. Plaas die lensies in 'n kastrol, bedek met soutwater en kook die lensies tot amper sag. Dreineer en hou eenkant.

2. Verhit die olie in 'n pan en braai die uie tot goud. Skep dit met 'n gaatjieslepel uit en hou eenkant. Braai die aartappels in dieselfde olie tot goudbruin, skep met 'n gaatjieslepel uit en hou eenkant.

3. Plaas die vleis in 'n groot bak en voeg die helfte van die gebraaide uie by. Meng al die marinadebestanddele en giet dit oor die vleis. Meng die vleis en marinade goed en laat dit vir 'n paar uur rus.

4. Giet die olie wat gebruik is om die uie en aartappels te braai in 'n groot kastrol. Strooi 'n laag rys oor die olie en rangskik die vleis en marinade bo-op die rys. Pak die lensies, aartappels en vleis in lae oor die vleis en skep die oorblywende gebraaide uie bo-op. Giet die saffraan oor die vleis, stip met botter en bedek die kastrol met 'n digpassende deksel.

5. Kook vir 20 minute oor hoë hitte, verlaag die temperatuur en prut verder liggies 1 uur oor lae hitte. Bedien met dhai.

Dhai - bestanddele:

  • 250 ml ongegeurde jogurt
  • 5 ml sout
  • 5 ml komynsaadjies
  • 2 ml gekapte groen brandrissie
  • 5 ml fyngekapte knoffel
  • 60 ml gekapte koljanderblare (dhania)

Metode:

1. Meng die jogurt, sout, komynsaadjies, brandrissie en knoffel in 'n voedselverwerker en verpulp. Meng die gekapte koljanderblare deur en sit saam met die brijani voor.

*Resep uit: Cass Abrahams - 'n Lewe met kos; soos vertel aan Marike Bekker deur LAPA UITGEWERS.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters