9 maande gelede
Kikker jou teetyd op met heerlike koekies
Vir die soettand: Dié koekies is net die ding vir jou teetyd of om jou mense te bederf.  ~ 

BEDERF jou gesin met dié baksel van 30 tot 36 koekies.

Bestanddele:

  • 250 g botter
  • 65 g versiersuiker
  • voedselkleursel
  • 65 g vlapoeier
  • 250 g koekmeel
  • 100 g sjokolade, gesmelt

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit twee bakplate met kleefwerende sproei.

2. Verroom die botter, versiersuiker en voedselkleursel goed. Sif die vlapoeier en meel in ’n afsonderlike bak en voeg geleidelik genoeg van die meelmengsel by die bottermengsel om ’n sagte deeg te vorm.

3. Vorm die deeg in ’n bal. Verdeel in stukke om in die spuitsak te sit. Spuit met ’n sterspuitpunt 6 cm lange vingers op die bakplaat.

4. Bak vir 12 tot 15 minute of tot goudbruin. Laat op draadrak afkoel.

5. Doop die punte van die koekies in die gesmelte sjokolade. Plaas op ’n draadrak sodat die sjokolade kan hard word.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters