2 maande gelede
Heerlike dhaltjies
 ~ 

Bestanddele:

  • 375 ml ertjiemeel of channameel
  • 15 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 groot aartappel, gerasper
  • 5 ml brandrissievlokkies
  • 5 ml sout
  • 5 ml borrie
  • 5 ml fyn komyn
  • 2,5 ml masala
  • 5 ml knoffel-en-gemmer-pasta
  • 60 ml gekapte vars koljanderblare (dhania)
  • genoeg water om 'n beslag te vorm wat dik genoeg is om van 'n lepel te val
  • olie vir diepbraai

Metode:

1. Sif die verskillende soorte meel en die bakpoeier saam. Voeg die ui, aartappel, speserye, knoffel-en-gemmer-pasta en koljanderblare by. Voeg genoeg water by om 'n beslag te vorm wat dik genoeg is om vorm te behou, maar nog steeds van 'n lepel af te val. Verhit die olie tot matig en laat eetlepels vol daarvan in die olie val. Die olie moet warm genoeg wees sodat die dhaltjies vir 3 minute daarin kan braai, maar nie te warm nie, anders brand die buitekant terwyl die binnekant nog rou is.

*Resep uit: Cass Abrahams - 'n Lewe met kos; soos vertel aan Marike Bekker deur LAPA UITGEWERS.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters