4 maande gelede
Gevulde calamari
 ~ 

Bestanddele:

  • 12-15 Patagoniese calamaribuise met die tentakels nog aan
  • meel vir sprinkel
  • 'n knippie paprika
  • sout en peper na smaak
  • 15 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • vars uitgedrukte suurlemoensap

Metode:

1. Maak seker dat die calamari goed afgespoel en drooggemaak is met papierhanddoek.

2. Vul die buisie tot barstens toe met die ontbeende lamskerrie mengsel. Gebruik 'n tandestokkie om die punte toe te maak voordat jy dit braai.

3. Bestrooi die koppe met 'n mengsel meel, paprika, sout en peper. Skud om ontlsae te raak van oortollige meel.

4. Verhit die olyfolie en botter in 'n pan totdat dit verbruin.

5. Braai die gevulde buisie aan alle kante in die olie en botter tot dit net-net gaar is en geur met 'n skeutjie suurlemoensap.

6. Verhit 'n bietjie groente-olie in 'n aparte kastrol en diepbraai die meelbestrooide koppe tot goudbruin en bros.

*Resep uit: Die Suid-Afrikaanse vis-en seekos kookboek deur LAPA UITGEWERS.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters